Op soek na ontevrede QVC tyddeel eienaar- ons sal u gratis verteenwoordig

KENNISGEWING

OP SOEK NA ‘N TYDDEEL-EIENAAR

WAT ONGELUKKIG IS MET QUALITY VACATION CLUB

 

Ek is Trudie Broekmann, eienaar van ‘n prokureursfirma in Kaapstad wat spesialiseer in verbruikersreg. Ons is besig om ‘n toets-saak voor te berei vir die Pretoriase Hooggeregshof, waar ons namens twee eisers al die gelde wat hulle oor die jare aan QVC betaal het, wil terugeis. Ons is op soek na die ideale eiser- ons vereistes is:

  • U het u kontrak met QVC gesluit in die periode tussen 31 Maart 2011 en 30 April 2018
  • U het geen of minimale of ontoereikende besprekings by QVC gekry,
  • U kan bewys dat u gereeld probeer het om besprekings vir akkommodasie te maak
  • U het geen waardevolle bates nie en u ontvang nie ‘n pensioen nie.
  • U het al probleer om die kontrak met QVC te kanselleer, maar was onsuksesvol.
  • U is nie agterstallig met QVC se fooie nie.

 

Ons aanbod aan die ideale eiser:

  • Ons sal u kontrak met QVC kanselleer sodat u geen verdere betalings aan QVC hoef te maak nie
  • Indien u kredietrekord geaffekteer is, sal ons enige swartlysinligting by die kredietburo’s vir u laat verwyder
  • Ons sal geen regsfooie van u hef nie.

 

Die verwagtinge van die ideale eiser:

  • Ons verwag nie op hierdie stadium dat dit nodig sal wees nie, maar ons sal dalk in die toekoms vra dat u ‘n fooiekontrak sal teken waarin u toestem dat sekere regsfooie betaalbaar sal wees uit die gelde wat QVC aan u terugbetaal- indien daar nie ‘n terugbetaling is nie, is geen fooie betaalbaar nie.
  • U het ‘n afskrif van u kontrak met QVC en die swart lêer met QVC se infomasie. U kan bereken hoeveel u oor die jare aan hulle betaal het. Vir baie van ons tyddeel-kliente is dit tot ‘n kwartmiljoen rand.
  • U sal ons van volledige besonderhede van u interaksie met QVC voorsien en beskibaar wees vir konsultasies met die regspan oor die foon of in persoon.
  • U is bereid om in die hof getuienis te lewer oor u interaksies met QVC. Die saak mag verskeie jare neem om afgehandel te word.
  • In die onwaarskynlike geval dat ons die saak of enige deel daarvan verloor, mag QVC hul regsfooie van u probeer verhaal. U sal moet demonstreer dat u dit nie kan betaal nie.

 

Die voordele vir die ideale eiser:

  • Die wete dat u, deur u storie oor QVC te deel, duisende Suid Afrikaanse verbruikers help om regverdigheid te vestig in hul verhouding met QVC.
  • Watookal u oor die jare aan QVC besteee het, kry u terug as ons eis slaag, en ons is vol vertroue dat dit die geval sal wees.

 

Indien u die bovermelde vereistes nakom, kontak ons asseblief op tel. 021 422 0269 of admin@broekmann.co.za.

 

Die uwe.

 

TRUDIE BROEKMANN PROKUREURS

 

 

 

PER: T Broekmann

Share this post
  , , , ,